picn
Funksies

BEDERF IEMAND SPESIAAL OP VALENTYNSDAG BY DURBANVILLE HILLS

The Eatery by Durbanville Hills bied iets vir elke smaak, sy dit ’n romantiese piekniek onder die olyfbome, ’n middagete in die opgeknapte restaurant of buite op die dek met ’n uitsig oor die pragtige vallei, of ’n spesiale driegang-aandete vir Valentynsdag. Die piekniekmandjies is vir middagete beskikbaar, en ook vir die aand. Begin met ses oesters en twee glase Pongrácz wanneer julle daar aankom. Ontspan op pragtige doelgemaakte komberse en gemaklike kussings en klink ’n glasie op jou geliefde – skink hiervoor uit ’n bottel Durbanville Hills Merlot Rosé. Die piekniekmandjies sluit ook tuisgebakte brood, hoenderlewerpatee en druiweblatjang in, asook Marokkaanse mentsalsa op pittige koeskoes, Grabouw-wors en souttert met marmelade van rooi-uie, Parmesaanse hoender op vars tuinslaai, ’n kaas-en-beskuitjie-keur en ’n dekadente nageregsakkie gevul met Turkse lekkers, noga en sjokoladetruffels. Koffie en biscotti dien as afsluiting vir dié maaltyd. Wyn, koeldrank en koffie sal by ’n buite-kroeg te koop wees. Die pieknieks is van 12:00 tot 15:30 beskikbaar, en dan weer van 19:00 tot 21:00. Dit kos R420 per mandjie vir twee, en sluit die gebruik van die piekniekkombers, kussings, eetgery, breekware en glase in. Die middagete word van 12:00 tot 15:00 van ’n à la carte-spyskaart bedien, en sluit ’n gratis glas Merlot Rosé by aankoms in. Die spesiale Valentynsdag-aandete bestaan uit ’n halfdosyn oesters en ’n glas Pongrácz by aankoms, asook ’n bottel Merlot Rosé om met ’n keuse van ’n sjef-slaai of beetgekuurde salmslaai met ’n sitrus-en-dille-sous vooraf te geniet. Die hoofgereg is ’n keuse tussen beeshaas met salie-gegeurde gnocchi en wildesampioen-en-truffelsous, en pangebraaide koningklipvis op ’n bed van blitsgebraaide jong spinasie en ’n romerige Maleise kerriesous. Deel ’n sjokoladefondu met vars aarbeie en brosbroodvingers, met koffie en biscotti daarna. Dit kos R350 per persoon, en word van 19:00 tot 22:30 bedien. Besprekings is vir die pieknieks en driegang-aandete noodsaaklik, en word vir die middagete aanbeveel. Skakel The Eatery by (021) 558-1337, of stuur ’n e-posboodskap na info@dheatery.co.za. Dié wat beplan om die aand buite onder die olyfbome deur te bring, sou verstandig wees om iets warms saam te bring.