Funksies

BEDERF JOU MA BY DURBANVILLE HILLS-WYNE

Die verfrissende Durbanville Hills Merlot Rosé word by aankoms bedien, gepaar met òf ’n sauvignon blanc-mosselpot òf ’n heerlike gekaramelliseerde uie- en bloukaas-quiche. ’n Buffet van hoender gevul met wilde sampioene en spinasie, oondgebraaide beesvleis met ’n sous van pinotage en baba-uitjies, en Noorweegse salm sal saam met ʼn gesonde verskeidenheid van vars groente en ’n gebakte soetpatat- en fetatert beskikbaar wees. Die tuisgemaakte kaaskoek van Turkse lekkers en aarbeie gedoop in sjokolade beloof om die ete tot ’n skouspelagtige einde te bring. Durbanville Hills se wyne sal te koop wees. Datum: Sondag, 13 Mei Plek: The Eatery by Durbanville Hills-Wyne, Tygerbergweg (M13) Tyd: 12:00-15:00 Koste: R169 per persoon (sluit ’n glas Durbanville Hills Merlot Rosé 2011 by aankoms in asook ’n geskenk vir ma). Kinders eet vir R89. Bespreking is noodsaaklik en kan telefonies gedoen word by 021-558-1337, of stuur ’n e-pos aan info@dheatery.co.za.