Funksies

BEREI VOOR VIR DIE WINTERKOUE MET DURBANVILLE HILLS-WYNE

Die spyskaart sluit vier verskillende soppe in, elkeen gepaar met ’n Durbanville Hills-wyn, en ’n verskeidenheid van varsgebakte brode. Die naweek se bedrywighede sluit die eerste “Jaag die Sonsondergang”-veldloop in wat die Saterdagaand plaasvind. Bederf jouself met ’n gesonde dosis vars lug terwyl jy deur die wingerde om Durbanville Hills se kelder met hul asemrowende uitsigte draf. Neem deel aan òf die 5 km- òf die 10 km-veldloop en geniet die ervaring saam met vriende of toets jouself teen die klok. Na die wedloop sal deelnemers kan ontspan met heerlike sop. K-Way en New Balance borg van die pryse vir die eerste drie oor die eindstreep en elke deelnemer sal ook outomaties ingeskryf word vir ’n gelukstrekking. ’n Aand van lewende musiek, seisoensoppe en wyne sal na afloop van die veldloop aangebied word. Aangesien plek beperk is, is bespreking belangrik. Jaag die Sonsondergang-veldloop Datum: Saterdag, 2 Junie Wegspring: 17:00 Begin/Einde: Durbanville Hills-Wyne se kelder Inskrywings: R75 vir die 10 km, R60 vir die 5 km (Sluit ’n koppie sop aan die einde van die wedloop in, asook inskrywing vir die trekking) Voorafinskrywing is noodsaaklik en kan gedoen word by www.roag.co.za. Net 100 hardlopers per wedloop word toegelaat. Kontak Michael Taylor vir meer inligting by 082 453 1175. Jaag die Sonsondergang-aandete Datum: Saterdag, 2 Junie Tyd: 18:30 – 21:00 Prys: R160 per persoon, R80 vir kinders jonger as 12. Sop-, Sluk- en Brood-buffet Datum: Saterdag, 2 Junie, en Sondag, 3 Junie Tyd: 12:00 – 15:00 Prys: R150 per persoon, R80 vir kinders jonger as 12. Bespreking vir die buffet-etes is noodsaaklik aangesien plek beperk is. Kontak The Eatery by 021 558 1337 of stuur ’n epos aan info@dheatery.co.za