Funksies

BESPREEK JOU BRAAI-VAT VIR ERFENISDAG BY THE RED TABLE OP NEDERBURG

Bespreek jou braai-vat teen R220 per kop vir volwassenes en R95 vir kinders. The Red Table sorg vir vleis en seekos van die hoogste gehalte, asook bygeregte soos slaai, groente en tradisionele pap, sheba (tamatiesmoor) en nagereg. As jy nie self wil braai nie, sal The Red Table se sjefs dit vir jou doen. Sê net so wanneer jy bespreek.

Tuisgebakte platbrood met hoemoes, basiliekruid-pesto en baba ghanoesj word vooraf bedien. Koeldrank en ’n keur van Nederburg se wyne word ook teen baie redelike pryse aangebied. Daar sal boonop vermaak vir die kinders wees.

Die dag se beste braaier kry ’n gul prys van Nederburg.

Besprekings is noodsaaklik. Skakel (021) 877-5155 vroegtydig om te bespreek, of stuur ’n e-pos na theredtable@nederburg.co.za.

Nederburg se besoekersentrum sal dié dag van 09:00 tot 17:00 vir wynproe en verkope oop wees. Baat by die sentrum se spesiale aanbod vir September. Dit sluit ’n gratis rooi voorskoot ter waarde van R100 in as jy ses bottels uit Nederburg se Heritage Heroes-fynproewerreeks koop.

Daar sal keldertoere om 10:30 en 15:00 wees. Skakel Sunette Rust van Nederburg by (021) 862-3104 om te bespreek, of stuur ’n e-pos na nedwines@distell.co.za.