med_dsc8238
Funksies

Bloemskou 2012

Trek jou kalender nader – die datum vir Bloemskou 2012 is bekend! Hierdie immergewilde geleentheid vind vanjaar vanaf 26 April – 5 Mei plaas. Na ‘n besonder suksesvolle Bloemskou 2011, sien ons daarna uit om besoekers weer met ‘n wye verskeidenheid uitstallers, kunstenaars en landbou-aktiwiteite te bederf. Meer as 100 000 mense besoek jaarliks die tiendae-lange skou. Bloemskou lok gaste van regoor die land, sowel as ‘n gemiddeld van 450 plaaslike, nasionale en internasionale uitstallers – ‘n wonderlike ekonomiese inspuiting vir ons streek. Besoekers kan ook na ‘n besige landbouprogram uitsien, met verskeie nasionale kampioenskappe wat oor die tydperk beslis gaan word. Indien jy verdere inligting benodig oor enige aspek van die skou, skakel asseblief die Bloemskou-kantore by 051 – 448 9894 of besoek ons webwerf by www.bloemskou.co.za. Moet dit nie misloop nie! Bloemskou 2012 sal jou en jou gesin vermaak en ure se plesier verseker. Dis jou toegang tot pret!