Funksies

BOVIM BALLET – Queen at the Ballet

Die Sean Bovim Ballet Geselskap doen dit weer! QUEEN AT THE BALLET is ballet met ’n verskil. Dit beloof om gehore te bekoor en op te hef. Hoë standaarde en die kunstenaars se integriteit bring die vertoning op internasionale standaarde.Optredes wat uittroon en onberispelike interpritasie van die musiek sal herinneringe van die vertoning by die gehoor laat talm lank na die einde van die vertoning. Vir hierdie produksie is musiek uit Queen se legendariese versameling gekies en sorg vir ‘n onvergeetlike aand. Gaskunstenaars beloof om gehore vasgenael te hou met hulle skerp vokale ensemble.