make_the_most_of_heritage_day_at_durbanville_hills_wines_lr_
Funksies

BRAAI BY DURBANVILLE HILLS OP ERFENISDAG

Kry sitplek by een van die gemeenskaplike tafels onder die olyfbome of bring ’n piekniekkombers saam en geniet die heerlike verskeidenheid burgers van die braai af, voorberei deur The Eatery en gepaar met ’n Durbanville Hills-wyn. Kies tussen ’n burger van beesvleis, gekaramalisseerde uie en Dijon-mosterd gepaar met Durbanville Hills Bastion, een van hoender, sprietuie, brandrissie en gemmer gepaar met Durbanville Hills Chardonnay, een van sampioen, tiemie, gerookte paprika en knoffelbotter gepaar met Durbanville Hills Pinotage en ’n burger van lamsvleis, vars kruisement en geroosterde knoffel gepaar met Durbanville Hills Merlot. Datum: Openbare vakansiedag, Maandag, 24 September Tyd: 10:30 tot 15.00 Koste: R50 per persoon wat ’n keuse van burger en ’n glas Durbanville Hills-wyn insluit Bespreking is noodsaaklik en moet gedoen word by Simone Brown by 021 558 1300 of per epos aan sibrown@durbanvillehills.co.za.