Funksies

CANSA Shavathon

KANSA vier vanjaar hulle tiende Shavathon en Tygervallei Sentrum gaan gasheer speel van nog ‘n opwindende Shavathon hierdie Saterdag, 2 Maart, van 09:00 tot 16:00 in die Promosie Area by Truworths. Die sentrum moedig almal aan om hierdie inisiatief te ondersteun deur hulle hare te skeer, spuit of jel. Daar gaan weer wonderlike pryse weggegee word. Al die fondse wat ingesamel word gaan na die Kankervereniging van Suid-Afrika.