cape_classic
Funksies

Cape Classic – Under the Stars

Cape Classic is die inisiatief van Gabi Zahn, ‘n Duitse kultuurjoernalis, en bestaan uit ‘n jaarlikse fees van kamermusiek by verskillende plekke in die Wes-Kaap, waaronder die Oude Libertas Amfiteater. Die kunstenaars wat aan Cape Classic deelneem, is meestal Duits en geniet internasionale aansien. Cape Classic beywer hom vir die bevordering van Suid-Afrikaanse en Europese kultuurbande en steun hulpbehoewendes in die Wes-Kaap met die geld wat van die kaartjieverkope ingesamel word. Ann Katrin Naidu (Mezzosopraan), Sebastian Noack (Bariton), Amanda Kleinbart (Horing), Boris Kusnezow (Klavier), Franz Peter Fischer (Viool), Nadine Sahebdel-Feger (Viool), Mathias Feger (Viola), Friedmann Dressler (Violoncello) Hoogtepunte: Josef Haydn, Anton Reicha, Jacques Offenbach, Johann Strauss II. Die volgende luisterryke kombinasie van instrumente kan verwag word: Klavier kwintet, horing en klavier en strykers trio.