clos_malverne_sauvignon_blanc_no_vintage_styled_lr
Funksies

Clos Malverne tof sy vere vir ‘n eksklusiewe Nuwejaarsviering

Wanneer die horlosie 12 uur slaan op 31 Desember sal jy in die hartlike geselskap van die familie-wynplaas, Clos Malverne, wil wees want hulle gaan behoorlik die feesvere tof en met ‘n uitspattige 8-gang Kos & Wyn Spyskaart en hulle splinternuwe Rosé Méthode Cap Classique die jaar op ‘n gastronomiese hoogtepunt afsluit. Tydens hierdie eklusiewe aand, gaan dié gewilde wynlandbestemming in die hart van die Devonvallei buite Stellenbosch, sy beste voetjie voorsit met ‘n ruimhartige Clos Malverne Kos & Wyn Ervaring, waartydens agt van sy mees gesogte oesjare gepaar sal word met bypassende geregte. Om ektra vonkel aan die samesyn te verleen sal gaste ook die Nuwejaar kan inwy met ‘n glasie van die landgoed se nuwe Brut Rosé Cap Classique wat eers later in 2013 sy verskyning op die rakke sal maak – so maak seker jy is eerste om ‘n glasie op hierdie elegante nuweling te klink. Sjef Nadia se rojale spyskaart skop af met ‘n sensasionele seekos-trio wat insluit ‘n koue Komkommer & Kreef Sop bedien met die Clos Malverne Brut, gevolg deur ‘n Koningklipvis Ceviche en die landgoed se multi-bekroonde Sauvignon Blanc. Die 2011 oesjaar is vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys is as ‘n FNB Sauvignon Blanc Top 10 wenwyn. Nadia se Garnale & Tongvis Ravioli sal die drietal, watertand voltooi met ‘n glasie Clos Malverne Chardonnay. Kos- en wynliefhebbers kan daarna uitsien na ‘n Gerookte Volstruisfiletslaai en die landgoed se Cabernet Sauvignon/Shiraz waarna eksotiese Sampioen Mousse Tamaties die kollig sal deel met die eksklusiewe Clos Malverne Sophia– ‘n spog versnit van Cabernet Sauvignon en Merlot opgedra aan die eienaar se geliefde eggenoot, Sophia Pritchard. Volgende op hierdie allemintige spyskaart is haar Beesvleis & Truffel Ervaring wat saam met Clos Malverne se vlagksip Kaapse rooiwynversnit, Auret 2008 – waarvan daar slegs ‘n paar bottels beskikbaar is – sy pad na jou tafel sal vind. Haar nagereg-dubbeldoor sluit in ‘n hemelse Vye & Bokmelkkaas Tert bedien met die Clos Malverne Merlot en ‘n Mango & Macadamianeut Tert wat saam met die Clos Malverne Honey Dew die makietie op ‘n soet noot sal eindig. Kaartjies vir die Nuwejaars Clos Malverne Kos & Wyn Ervaring kos R468 per persoon, insluitende al die wyn, en hierdie smullekker opskop begin om 20h00. Sitplek is beperk dus is voorafbesprekings noodsaaklik. Vir meer inligting of om jou tafels te bespreek skakel Clos Malverne by Tel: (+27)21 865 2022 of stuur ‘n epos na info@closmalverne.co.za.