copy_of_dsc_0046
Funksies

Die mooiste, mooiste maand” – ‘n Voorsmaak ‘n Kunsuitstalling deur Jenny Boon

Voorsmaak van die lente – kuns uitstalling deur Jenny Boon “Die mooiste, mooiste maand” – ‘n Voorsmaak Kunsuitstalling by Brooklyn Teater Pretoria 16 Augustus – 1 Oktober 2012 Opening: 16 Augustus 18h00 – 21h 00 by die Brooklyn Teater “Die mooiste, mooiste maand” word ’n heerlike voorsmaak van die lente by die Brooklyn Teater in Pretoria. In Augustus is alles nog droog, geel en stowwerig. Dit lyk amper onmoontlik dat die vaal natuur ooit weer lewe sal ky. En tog gebeur dit elke jaar weer dat die eerste pers blommetjies van die Jakaranda’s hulle opwagting maak. Teen die tyd wat die uitstalling verby is behoort Pretoria sy lentekleed in al sy uitbundigheid te dra. Dit is hierdie fees van lig en kleur wat ’n groot inspirasie is vir Jenny Boon se skilderye. Die spel van lig op die bome en hoe dit wissel tydens verskillende tye van die dag of weersomstandighede bly haar boei. Behalwe vir skilderye van Pretoria se Jakarandastrate word die lente ook gevier met kleurige blomme stillewes. In ander skilderye word die uitsien na die lente op ’n meer simboliese manier geïnterpreteer. Die lente word simbool van ’n nuwe era van geboorte en opstanding. Gedigte speel ook ’n prominente rol in die uitstalling. Die titel verraai dit al, met ’n verwysing na Louis Leipoldt se bekende gedig Oktobermaand. Jenny Boon is in 1975 in Pretoria gebore. In 1997 gradueer sy by die Universiteit van Pretoria in Beeldende Kunste. Tydens haar studie het sy verskeie toekennings ontvang. Van 1998 tot 2005 woon sy in Nederland waar sy ook uitstallings hou. Behalwe vir landskappe skilder sy ook graag portrette. Sy hou daarvan om met verskillende mediums te eksperimenteer. Vir verdere inligting besoek www.jennyboon.wordpress.com of skakel: 012 332-1028 Brooklyn Teater: h/v Thomas Edison & 13e Straat, Menlo Park, Pretoria. Tel 012 460 6033.