Funksies

Die Vagina Monoloë

“Die Vagina Monoloë is ‘n briljante vertaling en lokalisering van ‘n uitmuntende verhoogstuk. En dié plaaslike produksie spog met drie hoogs talentvolle akteurs wat elke nuanse net reg verstaan en vertolk. Dit is volwasse, intelligente vermaak wat jou laat lag, huil en bowenal diep laat dink.” – Deon Meyer, skrywer Gé Korsten, Omo, Wilson-toffies, Wat Elke Meisie Moet Weet en. . . “daar onder”. Alles eg Afrikaans. Skreeusnaaks en hartverskeurend. Reeds in 48 tale vertaal en nou word Eve Ensler se wêreldbekende The Vagina Monologues ook huis toe gebring en in Afrikaans aangebied! Die essensie van die toneelstuk is vroulikheid in al haar fasette. En deur middel van eg Suid-Afrikaanse karakters (van Waterkloof tot Mitchells Plein) gee Die Vagina Monoloë ’n stem aan vroue (en mans!) se – geheime en onderdrukte- vrese en fantasieë. Met Antoinette Louw (Nag, Ma, Dis ek, Anna; Die proponentjie; Inge van 7de Laan), Fiesta-genomeerde Lulu Botha (Grieta kry geleerheid; Die proponentjie) en Simone Biscombe (Villa Rosa; Kaapse Kabaret). Vertaal en verwerk deur Antoinette Louw. Bespreek by 078 216 5969. Woensdae-Saterdae.