Funksies

Du Toitskloof Wyne vier einde van die oes

Vier die einde van die oes saam met Du Toitskloof Wyne, en proe die eerste wyn van die nuwe oesjaar op Saterdag 11 Mei. ’n Nuwe bergfietsroete sal ook op dié dag geopen word. ’n Spesiale familieroete oor 5 km is vir tydsame trap of stap geskik. Die roete kronkel deur die wingerde van naburige lidplase en bied skouspelagtige uitsigte op die Du Toitskloofberge. Daar is wynproehaltes orals langs die pad. ’n Trekker ry gedurig oor die roete om enigiemand wat by die kelder moet uitkom, op te laai. Die dag se feesvieringe bied onder meer sauvignon blanc, ’n spitbraai, kosstalletjies, wynproe, musiek en vermaak vir die kinders. Datum: Saterdag 11 Mei Tyd: 09:00 tot sononder (die familiestap- of -traproete sluit om 15:00) Koste: Toegang is gratis Skakel Elzaan Geldenhuys by (023) 349-1601 vir nadere inligting, of stuur ’n e-pos-boodskap na elzaan@dutoitskloof.co.za.