img_3339
Funksies

Duitse kosse by Hazel Food Market

Ontdek ‘n heerlike kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die kosmark vind elke Saterdag oggend plaas en het meer as 60 kos stalletjies. Ons is bly om te noem dat twee Europese lande hulle tradisionele kosse by die mark gaan verkoop gedurende Julie en Augustus. Die Duitse Ambassade sal ons op 14 Julie 2012 besoek en Eisbein met Sauerkraut, Thueringer Bratwurst asook Duitse Mostert verkoop. Die Switserse Ambassade besoek ons op 11 Augustus 2012 en hulle sal Zuercher Geschnetzeltes met Rys asook ‘n Sjokolade Fondue verkoop. Tradisionele Suid-Afrikaanse disse is ook elke Saterdag beskikbaar soos Roosterkoeke, Koeksisters, Pap & Kaiings asook Sosaties. Ons plaaslike bakker, Cassien Enslin, voorsien heerlike vars suurdeeg brode wat in ‘n houtvuuroond gebak word. Philipp Exter van Just Coffee verkoop vars geroosterde koffie asook koffie bone. Daar is ook ‘n verskeidenheid van kase (bees en bokmelk), vars vrugte en groente asook eksotiese produkte soos dim sum, lumpia en vleiskrokette verkoop.