Funksies

EMO ADAMS & Take Note

Toeriste vriendelik en poekniek EMO ADAMS en sy orkes, TAKE NOTE neem die gehoor op ‘n energieke en humoristiese reis vol verassings. Maak gereed vir ’n aand van voete stamp en hande klap saam met die orkes. Emo is ‘n jong, dinamiese en verfrissende ontploffing van talent. Sy dans passies gee mense die behoefte om self by die huis die dans te oefen en sy komedie laat die gehoor skree vir nog meer van die unieke grappies. Emo het die kuns om gehore te lees bemeester en sy sjarmante persoonlikheid oorwin dadelik die harte van sy gehoor. Emo is soos ‘n koel briesie wat deur die teater waai en hy handhaaf die perfekte balans tussen sy optrede en die orkes se rol. Dit gee die gehoor die gulde geleentheid om te fokus op die entoesiasme wat die musikante met hulle deel, sowel as Emo se geliefde lighartigheid.