Funksies

ERVAAR DIE GENOT VAN GEE BY DURBANVILLE HILLS SE KERSLIEDERE BY KERSLIG

Die crèche is ’n dagsorgsentrum wat deur gemeenskapsgroepe, insluitende die NG Kerk in Kenridge, BADISA en die Durbanville Hills-ledeplase, gestig is vir die kinders van plaaswerkers in die omgewing. Die opbrengs van die aand se kaartjieverkope sal grootliks bydra tot die crèche se befondsing. Opgeleide onderwysers sien hier om na die welstand en vroeë leerontwikkeling van die kinders tussen die ouderdomme van drie en vyf. Die Kersliedere sal deur Andriette, een van 2007 se drie top idols, gelei word en sluit in tradisionele en kontemporêre Kersgunstelinge. Durbanville Hills sal die aand Kersgeskenke en wyn verkoop, terwyl The Eatery hoenderburgers, boereworsrolletjies, koffie, tee, warm sjokolade en koeldranke te koop sal aanbied. Bring jou eie piekniekkombers (geen stoele word toegelaat nie) en jou eie piekniekmandjie of bestel vooraf een by The Eatery teen R295 per paartjie, insluitende ’n bottel Durbanville Hills Merlot Rosé. Datum: Vrydag, 7 Desember 2012 Tyd: Hekke open om 18:00 en die konsert begin om 19:30 Prys: R80 per persoon indien bespreek deur Webtickets (www.webtickets.co.za) en R90 per kaartjie op die aand. Toegang vir kinders onder 12 is gratis. Om ’n piekniekmandjie vooraf te bespreek of vir meer inligting, kontak Simone Brown by 021 558 1300 of info@durbanvillehills.co.za.