fire_grace
Funksies

“FIRE & GRACE” by die Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch

‘n Vurige vertoning van Flamenco kitaar passies deur Saudiq Khan en sy vol orkes, bygestaan deur ‘n stryk ensemble en energieke flambojante dansers. Saudiq, ‘n solis om van kennis te neem, verbaas met sy voortreflike ritmes en oorspronklike komposisies. Hierdie passievolle kleurryke en dramatiese musiek bring die hart van Spanje na Stellenbosch.