Funksies

FLIEK OOR ETE MET WYN BY LE BONHEUR

Ontdek weer die wondere van wynmaak op 20 April met A State of Wine, ’n Amerikaanse dokumentêre prent van 2007. Dié film, met Don Scioli as regisseur en kommentaar deur bekroonde wynmakers en kundiges, neem Kalifornië se wynbedryf onder die loep. Fliekvlooivrydae begin om 18:30 en sluit die film, ’n stewige tradisionele maaltyd en heerlike Le Bonheur-wyn in teen ’n koste van R125 per persoon, of R45 net vir die film en die wyn. Besprekings is noodsaaklik. Gaan na http://www.cinemuse.co.za/2010/01/venue-le-bonheur.html vir nadere besonderhede en aanlyn-besprekings.