adam_en_sarie_se_dale_niehaus
Funksies

Foto’s: Vroueoggend by Clanwilliamfees

Dié dag is reeds vir 10 jaar ‘n gewilde instelling en is deur meer as 300 vroue bygewoon as deel van die Cederbergfees wat van 27-29 April in Clanwilliam plaasgevind het.

Chris Viljoen, SARIE se modedirekteur, het die nuutste winterstyle verklap en sy mooimaakspan het tien dames van die area onder hande geneem om model te speel en die nuutste wintermodes te vertoon. Chris van Niekerk van 7de Laan-faam was die vlymskerp, sjarmante gasheer.

‘n Noenontbyt is voorgesit deur Marinda Teubes van Idma@Kapel in Vredendal, en dié ete is afgesluit met ‘n smaaklike koppie Laager Rooibos en rooi fluweelkolwyntjies. Daarna het die sexy jongmanne van ADAM gesing.

Benewens verdere geskenke van SARIE, Rooibos Bpk, Clarins, Moir’s se Munchies en Werda, kon dames ook ‘n glasie Orange River Cellars-vonkelwyn, mineraalwater van Cederberg Aqua en heilsame Fair Cape-vrugtesap geniet.

Chris van Niekerk by Jodeah Don van Rooibos Bpk. en SARIE se modedirekteur, Chris Viljoen

Die manne van Adam

Janine Engelbrecht, Andrea Engelbrecht, Ester Strauss en Alida Stone klink 'n glasie by die Laager Rooibos SARIE-vroueoggend

Een van die plaaslike modelle laat die koppe draai in 'n uitrusting uit SARIE se aanlynwinkelPlaaslike modelle vertoon klere uit die SARIE-aanlynwinkel