funnykaap
Funksies

Funny Kaap

Met Funny Kaap het ons besluit om verskillende genres bymekaar te gooi. Komedie, skerpskets, tragi-komedie en musiek. Die resultaat is ’n konsert met ‘n Carol Burnett/ Saturdaynight Live gevoel, wat gehore laat skaterlag en laat nadink. Om kunstenaars soos Perdo Kruger, Emo Adams, Dowwe Dolla, Wayne Mckay, Sarah Theron en die opwindende Take Note op een verhoog te hê is ’n voorreg. Elkeen van die kunstenaars bring hulle jare lange ondervinding as solo kunstenaars en wanneer ons hulle saamgooi, in nuut geskrewe sketse deur Hennie van Greunen, draai ons die lagkrane net meer oop.