Funksies

GENIET SOETWYN SAAM MET SOP BY DU TOITSKLOOF WYNE

Koop ’n pas vir R50 by enige van die deelnemende wynmakerye in die Breedekloofvallei, en jy kry gratis toegang en ’n komplementêre beker stomende sop by elke wynmakery wat jy besoek, asook ’n wynglas en emaljebeker. By Du Toitskloof Wyne kan jy by jou aankoms kies tussen die oondgeroosterde sampioensop en die mielie-en-hoender-chowder. Roosterkoek sal ook te koop wees, en die wynproe is gratis. As jy jou voorraad Du Toitskloof Hanepoot en Muscadel wil aanvul, bied die kelder ’n afslag van 10% op alle aankope. Datum en tye: 19 Julie (08:00 tot 17:00) en 20 Julie (09:00 tot 15:30) Plek: Du Toitskloof-kelder, R101 Rawsonville Koste: Passe vir die Breedekloof Soetes en Sop is teen R50 elk te koop by die eerste wynmakery wat jy besoek. Gebruik dit dan vir ’n komplementêre beker boeresop by die deelnemende wynmakerye in die vallei, en ook vir die wynproe.