cupcake_wth_figs
Funksies

Hazel Food Market

Verras jou Ma op Saterdag, 12 Mei 2012 deur haar na Hazel Food Market te bring. Geniet ontbyt of middagete by ons meer as 60 stalletjies, of kom koop al jou benodighede vir ‘n middagete om jou Ma te bederf vir Moedersdag op Sondag, 13 Mei 2012. Daar is ‘n verskeidenheid kosse van lande soos Portugal, Duitsland, Holland asook tradisionele Suid-Afrikaanse kosse soos koeksisters, sosaties, pap & kaiings om te geniet. Daar is ook vars produkte soos beesvleis, skaapvleis, vrugte en groete wat gekoop kan word. Daar is heelwat veilige parkering beskikbaar asook ‘n speelarea om die kleintjies besig te hou.