Funksies

Hazel Food Market

Ontdek ‘n heerlike kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die kosmark vind elke Saterdag oggend plaas en het meer as 60 kos stalletjies. Vir ontbyt kan u Hildegardt’s se vars gebakte Roosterkoeke met snoek en appelkoos konfyt geniet of Gerard, ons Switserse Sjef se rosti-salm-en-eier gebak. Vir middagete wat van ‘n lampita van Lambitious of van Panini ‘n panini met varsgebraaide kruisskyf en uie marmalade. Daar is selfs tradisionele Suid-Afrikaanse geregte soos Pap & Kaiings, koeksisters asook Sosaties. Ons plaaslike bakker, Cassien Enslin, voorsien heerlike vars suurdeeg brode wat in ‘n houtvuuroond gebak word. Met vars geroosterde koffie van Philipp Exter van Just Coffee kan jy nie jou oggend beter begin nie. Daar is ook ‘n verskeidenheid van kase (bees en bokmelk), vars vrugte en groente asook eksotiese produkte soos dim sum, lumpia en vleiskrokette verkoop. Daar is heelike vermaak vir kinders met ‘n springkasteel en twee klimrame. Bring jou kombers en kom hou ‘n piekniek onder die bome. Daar is ook heelwat veilige parkering beskikbaar.