Funksies

Hazel Food Market

Ontdek ‘n heerlike kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die kosmark vind elke Saterdag oggend plaas en het meer as 60 kos stalletjies. Die Switserse Ambassade gaan stalletjies hê op 11 Augustus 2012 en hulle sal Zuercher Geschnetzeltes met Rys asook ‘n Sjokolade Fondue verkoop. Verskeie Europese lande se kosse word verkoop naamlik Portugal, Griekeland, Indie, Italie om net ‘n paar te noem. Tradisionele Suid-Afrikaanse disse is ook elke Saterdag beskikbaar soos roosterkoeke, koeksisters, pap & kaiings asook Sosaties van vark, lam, bees en hoender. Ons plaaslike bakker, Cassien Enslin, voorsien heerlike vars suurdeeg brode wat in ‘n houtvuuroond gebak word. Philipp Exter van Just Coffee verkoop vars geroosterde koffie asook koffie bone. Daar is ook ‘n verskeidenheid van kase (bees en bokmelk), vars vrugte en groente asook eksotiese produkte soos dim sum, lumpia en vleiskrokette verkoop.