Funksies

Hazel Food Market

Kom geniet u oggend by ‘n kosmark waar u kan kies en keur uit meer as 60 stalletjies wat omtrent 8 lande verteenwoordig. Tradisionele Suid-Afrikaanse geregte soos Koeksister, Pap & Skaap kaiings, kerrie sosaties en roosterkoeke kan geniet word. U kan ook al u vars bees of skaapvleis koop om nie te praat van die organiese hoender. Daar is ook stalletjies waar u vars en organiese groete en vrugte kan kry vir die huis. Daar is ook 2 speelareas om die kleintjies besig te hou terwyl u onder die bome sit en ‘n koffie geniet. Daar is ook heelwat veilige parkering.