Funksies

Hazel Food Market

Die doel van Hazel Food Market is om die inwoners van Pretoria vars produkte direk van die produsent te bring by ‘n gerieflike oorspronklike kos mark waar die gemeenskap kan ontmoet. Daar is nou meer as 80 stalletjies met heelwat nuwe stalletjies so daar is definitief iets vir almal te koop en te peusel. Bring u vriende en familie en kom geniet ontbyt of middagete onder die bome. U is ook welkom om ‘n kombers te bring en piekniek te hou op die gras. Daar is ook ‘n springkasteel en speelraam om die kleingoed besig te hou.