Funksies

Hazel Food Market

Ontdek ‘n unieke internasionale kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die geure en smake van die wêreld sal jou weekliks laat terug kom. Stratos verkoop ‘n verskeidenheid Griekse produkte soos songedroogte olywe, spanakopita. Julita verkoop koue vleise soos parmaham en salami. Daar is ook ‘n verskeidenheid Indiese samousas, Marokaanse tanginess en Thai-noedels om te geniet. Tradisionele Suid-Afrikaanse disse is ook beskikbaar soos Roosterkoeke, Koeksisters, Koedoeburgers, Pap & Kaiings asook Sosaties. Ons plaaslike bakker, Cassien Enslin, voorsien heerlike vars suurdeeg brode wat in ‘n houtvuuroond gebak word. Philipp Exter van Just Coffee verkoop vars geroosterde koffie asook koffie bone. Daar is ‘n verskeidenheid vrugtesappe, melkskommels en sodas om die dors te les. ‘n Klimraam, springkasteel en sandkuns hou die kleinspan besig. Ons is elke Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00 en daar is hope veilige parkering beskikbaar.