hfm_meringues_600x400
Funksies

Hazel Food Market

Die doel van Hazel Food Market is om die inwoners van Pretoria vars produkte direk van die produsent te bring by ‘n gerieflike oorspronklike kos mark waar die gemeenskap kan ontmoet. Bring u vriende en familie en kom geniet ontbyt of middagete onder die bome. U is ook welkom om ‘n kombers te bring en piekniek te hou op die gras. Daar is ook ‘n springkasteel en speelraam om die kleingoed besig te hou. Hazel Food Market neem ‘n blaaskans en die laaste mark vir 2011 sal op Saterdag, 17 Desember wees. Die mark heropen op Saterdag, 14 Januarie 2012 en is elke Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00.