cup_cakes1
Funksies

Hazel Kos Mark

Hazel Kosmark is ‘n ope lug kos mark in die hartjie van Pretoria se Ou Ooste. Ons is passievol oor kos en daar is meer as 70 stalletjies wat slegs kos, kos en meer kos verkoop. U sal enigiets vind vanaf vars gebakte brode, tot cappuccino gemaak van vars geroosterde bone, ontbyt is te kry by ‘n paar stalletjies asook middagete en ‘n verskeidenheid versnapperinge. Daar is ook ‘n paar nuwe stalletjies by die mark : • Liesl met Malwa ingevoerde tees • Lindsey Sherman met kaaskoekies • Frooz egte vrugte ysies van Paulina • Vir die seisoen – Petro met Bakgat Naartjies • Riaan se Craft Burgers is een van ons “roaming” stalletjies • Snyman Chocolatiers is nout ook beskikbaar by die mark. Daar is ‘n speel area vir die kleingoed met drie stalletjies om hulle te vermaak. Hulle kan deelneem aan sand kuns, gesig verf, die verf van klippe, versiering van sakke, inkleur van prentjies, ens. By Hazel Kosmark sal u iets spesiaal kry om u gaste vir aandete mee te veras asook basiese produkte soos vars groente, goeie kwaliteit vleis, lam en hoender asook wilds produkte teen goeie pryse, tuisgemaakte konfyte en gekookte maaltye. Ons is elke Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00 en daar is hope veilige parkering. Besoek ons webwerf vir meer inligting www.hazelfoodmarket.co.za