le_tournesol_kitka_bread_low_res
Funksies

Hazel Kosmark

Ontdek ‘n unieke internasionale kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die geure en smake van die wêreld sal jou weekliks laat terug kom met kosse vanaf Griekeland, Portugal en Italie beskikbaar. Daar is ook ‘n verskeidenheid Indiese samousas, Marokaanse tanginess en Thai-noedels om te geniet. Die volgende nuwe stalletjies is deel van die mark : • Hester van Hijke Cheese • Nico van Kotze Wildsvleis • Melissa van D’aroma met gegeurde suiker • Alida Ryder (award-winning blogger en skrywer van Simple Delicious resepte boek). Sy gaan ‘n paar van haar resepte uit die resepte boek maak en verkoop ook verskeie van haar produkte wat sy self maak soos konfytte en gegeurde olyfolie. Ons is elke Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00 en daar is hope veilige parkering beskikbaar.