Funksies

Hazel Kosmark

Hazel Kosmark is ‘n ope lug kos mark in die hartjie van Pretoria se Ou Ooste. Ons is passievol oor kos en daar is meer as 70 stalletjies wat slegs kos, kos en meer kos verkoop. U sal enigiets vind vanaf vars gebakte brode, tot cappuccino gemaak van vars geroosterde bone, ontbyt is te kry by ‘n paar stalletjies asook middagete en ‘n verskeidenheid versnapperinge. Daar is ook ‘n paar prys-wenner stalletjies : • Belnori Kaas het die Woolworths Kaasmaker van die jaar 2012 gewen. • Whisk-Away roomys was ‘n finalis in die EatOut Beste Nuwe Produk prys kategorie vir 2013. • Gypsy Bread was die wenner in die EatOut Beste Bakkery prys kategorie vir 2013. Daar is ‘n speel area vir die kleingoed met drie stalletjies om hulle te vermaak. Hulle kan deelneem aan sand kuns, gesig verf, die verf van klippe, versiering van sakke, inkleur van prentjies, ens. By Hazel Kosmark sal u iets spesiaal kry om u gaste vir aandete mee te veras asook basiese produkte soos vars groente, goeie kwaliteit vleis, lam en hoender asook wilds produkte teen goeie pryse, tuisgemaakte konfyte en gekookte maaltye. Ons is elke Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00 en daar is hope veilige parkering. Besoek ons webwerf vir meer inligting www.hazelfoodmarket.co.za Ons sal op Saterdag, 27 April 2013 oop wees al is dit ‘n Publieke Vakansie Dag.