Funksies

HELDERBERG BLOMMESKOU 2013

Die beoordelaars paneel van die Wes Kaap se vereiging van Blommerangskikkers en Helderberg Blommeklub bied die jaar die Helderberg Blommeskou 2013 aan. Die titel van die skou is Fabri-Flora. Daar word deesdae so baie wol, tou en materiaal in blommekuns gebruik en dus is die titels so gekies om die kunsvorm op die mees modernste manier weer te gee. die Woensdag middag 24 Julie gaan die blomkunstenaars rangskik en is die saal gesluit vir die publiek. Donderdag 25 Julie @08:00 tot 13:00 sal die beoordeling plaas vind. Die middag 14:00 sal daar n blomdemonstrasie wees te same met die prysuitdeling. (NA DIE GELEENTHEID IS DIE PUBLIEK OOK WELKOM). Vrydag 26 Julie vanaf 08:00 tot 19:00 kan die publiek kom kyk na die blommekuns terwyl daar ook in die oggend vanaf 08:00 verskeie werkswinkels aan genied word. by die werkswinkels kan “normale” huisvrou en beginners kom leer om maklike blommekuns te doen. Die skou sluit op Saterdag 27 julie 13:00