Funksies

HELDERBERG BLOMMESKOU

DIE JAARLIKSE HELDERBERG BLOMMESKOU, WAT DEUR DIE HELDERBERG BLOMMEKLUB GEREEL WORD BELOOF OM DIE JAAR IETS BESONDERS TE WEES. DIE HELDERBERG BLOMMESKOU VIND PLAAS VANAF 25 TOT 28 JULIE IN DIE NG. KERKSAA, ANDRIES PRETORIUSSTRAAT, SOMERSET -WES. EEN VAN DIE HOOGTE PUNTE VAN DIE JAAR SE SKOU IS DIE BEPALING VAN DIE WENNENDE ONTWERP VIR DIE VOLGENDE SIKLUS VAN DIE WES-KAAPSE BLOMMEKUNS(3 JAAR). DIE DEELNEMERS VIR DIE KOMPETISIE SAL DIE TITEL ‘ART FLO’ MOET UITBEELD EN SAL ALMAL IN AANMERKING KOM VIR DIE GESOGTE PRYS. DIE WENNER SAL DAN TEEN DIE ANDER PROVINSIES SE WENNERS MEEDING OM DIE SUID-AFRIKAANSE ONTERPER TE WORD. HIERDIE PERSOON SAL SAL SUID-AFRIKA VERTEENWOORDIG BY DIE WERELD BLOMMESKOU IN IERLAND (2014). AL DIE BLOMMEKLUBS IN DIE WES-KAAP IS GENOOI OM BLOMMEKUNS IN GEGEWE TYD IN PLANTMATERIAAL TE KOM DOEN OP WOENSDAG 25 JULIE, VANAF 10:00 TOT 21:00. DIE BEOORDELING GESKIED OP DONDERDAG 26 JULIE VANAF 08:30 TOT +-15:00 PLAAS. DAARNA SAL DIE PUBLIEK KAN KOM KYK NA TITELS SOOS: 1) PHANTOM OF THE FOREST 2) WEB OF ENCHANTMENT 3) BARKING UP THE RIGHT TREE 4) MISTY MORNING EN NOG BAIE ANDER. DIE DAMES VAN DIE NG. GEMEENTE ,SOMERSET-WES SAL IN DIE KOFFIETUIN HEERLIKE GEBAK EN LIGTE ETES TE KOOP AANBIED

  • WIlma Venter

    Oi Man, ek WENS so ek kon deelgeneem het!!!! Bloubergstrand lê VOL See bamboes en dryfhout wat HUIL om saammet Palmskedes, Growwe Bloekomboombas en blomme gerangskik te word!!!

  • Leon Kemp

    Ja moet die geleentheid nie misloop nie. Dit gaan ‘n fantastise skou vol interesante blomme kunstenaars wees. Ek kan nie wag om te begin werk aan my inskrywing nie.