helpendehand_vk
Funksies

Helpende Hand Roepinggesprek

Solidariteit Helpende Hand bied op 20 September 2012 ’n roepingsgesprek aan vir onderwysers, tuisskoolouers en ander belangstellendes. Verskeie sprekers sal hulle kundigheid oor dié onderwerp deel. Daar gaan gefokus word op die belang van beroepsvoorligting, roeping en die toekomsverwagtinge van die jeug. Hoofspreker: dr. Kobus Neethling Tydens die geleentheid gaan die Helpende Hand Loopbaangids asook die volledige beroepsleidingsdiens aan skole, onderwysers en ouers bekendgestel word. Datum: Donderdag 20 September 2012 Tyd: 12:00 tot 16:00 Plek: Helpende Hand Hoofkantoor, Kloofsig, Centurion Koste: R50 per persoon RSVP: 18 September 2012 by karin@helpendehand.co.za Versnaperinge word vanaf 12:00 bedien. Die seminaar begin stiptelik om 12:30. Beperkte plek is beskikbaar.