Funksies

Hospice Wits Smile Foundation Cyclethon 2012

Kom spin vir ‘n goeie doel gedurende Hospice Wits en Smile Foundation se jaarlikse cyclethon. Albei is NGO’s wat geen staatsinkomste het nie. Smile Foundation doen gratis gesigsrekonstruksiechirurgie vir minderbevoorregte kinders en Hospice Wits ondersteun kankerpasiënte met o.a paliatiewe sorg. Van 13:00 – 14:00 het jy die geleentheid om saam met van jou gunstelingbekendes te spin, gedurende “Celebrity Hour.” Groot name soos Nicole Flint, Lee-Ann Liebenberg, Hlubi Mboya en Ursula Chikane (Stapelfedt) het aangedui dat hulle gaan deelneem. Hoop ons sien jou daar!