Funksies

Jacaranda 94.2 Sisters with Blisters stap 2011, in trotse samewerking met 1st for Women Insurance Brokers

SISTERS WITH BLISTERS 2011: NOG ‘N GROOT SPRONG VORENTOE VIR VROUE EN KINDERS! Op 26 Novembers 2011 sal Jacaranda 94.2, in trotse samewerking met 1st for Women Insurance Brokers, die 6de jaarlikse Sisters with Blisters stap aanbied. Dié geleentheid skop die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders veldtog af en moedig Suid Afrikaners aan om verenigde aksie teen vroue- en kindermishandeling te neem. Dit samel ook broodnodige fondse in vir liefdadigheidsorganisasies wat vroue en kinders wat geaffekteer word deur mishandeling beskerm, rehabiliteer en ondersteun. Hierdie jaar se organisasies sluit Women and Men against Child Abuse (WMACA) en die Sonke Gender Justice Network in. Zelda la Grange is aangestel as hoof beskermheer van Sistews With Blisters. As iemand wat in die Presidentskantoor van President Mandela werksaam was is Zelda tans die Uitvoerende Persoonlike Assistant vir Madiba by die Nelson Mandela Foundation – ‘n dame met ‘n indrukwekkende CV en selfs ‘n groter hart! “Sisters with Blisters is wat gebeur wanneer die gees van ubuntu sy voet neersit – in die styl waarmee net dames dit kan doen!” sê Zelda. “Dit is ‘n eer en ‘n voorreg om betrokke te wees by so ‘n fenomenale beweging – een wat sê dat ons as Suid Afrikaners nie mishandeling in enige vorm sal duld nie! Die geleentheid het gegroei van net meer as 400 deelnemers in 2006 tot net minder as 5000 in 2010. Met die voortgesette ondersteuning van individue en maatskappye beloof 2011 om selfs groter en beter te wees! Daar is ook opwindende pryse te wenne by die geleentheid, insluitend ‘n drie-nag wegbreek vir vier na die Royal Private Villa in Thanda Private Game Reserve en ‘n wegbreek- en bederfsessie vir twee by The Saxon Boutique Hotel. En daar’s meer: Die eerste 5000 deelnemers wat registreer sal elk ‘n geskenkpakkie ontvang en die eerste 5000 deelnemers wat die eindstreep oorsteek sal elk ‘n Sisters With Blisters medalje ontvang! Dames, manne, kinders en viervoetige vriende word uitgenooi om òf die 4km òf 8km stap aan te durf en standpunt in te neem in hoëhaak-skoene (of pantoffels, tekkies, sandale ens.) Die 8km stap begin om 7:30vm, die 4km stap (met honde) om 8:30vm en die 4km stap (sonder honde) begin om 9:30vm. Sisters with Blisters is pret, verfrissend en ja, soms ietwat vreemd in die klere afdeling – als vir ‘n goeie doel! Die boodskap wat dit uitdra is een van hoop – ons sal NIE terugsit en toekyk hoe vroue en kinders in Suid Afrika mishandel word nie. Besoek www.sisterswithblisters.co.za vir meer inligting en om te registreer!