Funksies

Jacqui’s Coffee Shop & Deli

Jacqui’s Coffee shop & Deli het in Januarie 2013 sy deure oop gemaak. Ons is in ‘n rustige omgewing in Hennopspark, Centurion gelee reg langs Laerskool Hennopspark. Ons het ‘n heerlike stoep waar jy ontbyt in die oggendson kan kom geniet. Vir ontbyt kan jy kies tussen ‘n omelette met drie vulsels of ‘n maalvleis ontbyt. Jy kan dit geniet saam met ‘n cappuccino of warm sjokolade gemaak met donker sjokolade. Ons maak ook ‘n verskeidenheid geroosterde toebroodtjies en vir middag etes kan jy kies ‘n soet & suur hoender wrap, oriental bief stukke in ‘n pita, gerookte hoenderslaai, om net ‘n paar te noem. Ons het ook ‘n reeks geviesde etes om van die kies vir daardie aande wat u nie kan of wil kos maak nie. Daar is porsies vir 1 tot 2 persone of vir 3 tot 4 persone. Ons maak 4 soorte pasteie, 3 soorte lasagnas asook maalvleis & macaroni gebak, spagetti bolognaisse en ‘n verskeidenheid soppe. Ons bak ook elke dag skons, red velvet kolwyntjies en quiche. Platters is ook beskikbaar en alles word vars op bestelling gemaak. Besoek ons ook by www.jacquis.co.za om foto’s te sien van ons kos en as u meer inligting verlang.