Funksies

Jacqui’s Coffee Shop

Ons is ‘n klein en unieke koffie winkel wat in Januarie 2013 in Hennopspark, Centurion oop gemaak het. Ons het heelwat kliente wat beaam dat ons botterbroodjies die beste is wat hulle ooit geeet het. Ons bak elke dag vars botterbroodjies, asook osn gewilde Red Velvet kolwyntjies asook Quiche en ‘n verskeidenheid muffins. Ons het ook ‘n reeks gevriesde etes wat baie gewild is en ons Hoender, butternut en Feta is baie gewild. Ons reeks bestaan uit bees lasagna, butternut lasagna, hoender pastei, lam pastei, bief pastei, spagetti bolognaisse, macaroni & kaas, maalvleis en macaroni gebak om net ‘n paar te noem. Ons doen ook platters vir funksies en alles word vars deur ons gebak. Besoek ons Facebook webwerf by www.jacquis.co.za om foto’s te sien van die kos en platters wat ons maak. Vir Junie het ons ‘n spesiale aanbod : Bestel ontbyt voor 11h00 en kry ‘n Cappuccino vir R 5,00 of ‘n gewone koffie verniet.