christmas_carols
Funksies

Kersliedere, Klappers en Kersfees op Stellenbosch

Toerisme vriendelik & Piekniek ‘n Kerskonsert vir die hele gesin, die familie en die bure! Richard Cock dirigeer ‘n koor en koperblaas ensemble op sy kenmerkende, vermaaklike manier. Kersfees is ‘n tyd van harmonie en vrede. Kom sluit gerus aan vir ‘n aand van lekker saamsing en meededeelsaamheid met kenmerkende styl en sjarme en word deel van ‘n jaarlikse instelling onder die bome by die Oude Libertas Amfiteater. Bring gerus ‘n geskenkie saam: u word versoek om goedgunstiglik ‘n speelding (of ander geskikte geskenk) vir ‘n kind saam te bring en dit voor die vertoning onder die Oude Libertas boom op die verhoog te plaas. Die geskenkies sal deur kindersorg aan minder bevoorregte kinders gegee word. U gebaar sal gewis hierdie kersfees ‘n kinderhartjie gelukkig maak.