brownie_1
Funksies

Koffie & Sjokolade Fees by Hazel Food Market

The Hazel kosmark hou ‘n Koffie en Sjokolade fees op 20 Augustus 2011. Die idee agter die fees is dat kliente ‘n groot verskeidenheid van sjokolade en sjokolade produkte kan ervaar asook koffie en koffieprodukte. Kom leer meer oor die kuns van sjokolade maak en hoe om koffie te rooster en te brou. Ons sal nogsteeds al ons normale produkte by die fees hê, maar met ‘n sterk aroma van koffie en sjokolade wat die lug vul. Die Hazel kosmark is oop van 8vm tot 2nm en weer van 5nm tot 9nm vir ‘n aandmark. So kom geniet ‘n sjokolade en koffie ontbyt, middagete of aandete saam met ons.