Funksies

KOM GENIET DIE MUSIEK VAN MATHYS ROETS EN DURBANVILLE HILLS-WYNE

Hoewel die man met die fluweelstem allereers bekend is vir sy Afrikaanse komposisies, laat Mathys ook reg geskied aan musieklegendes soos Cat Stevens, Neil Diamond en Roger Whittaker. Met 14 albums agter sy naam, ’n biografie, Steeds Mathys, wat in Julie 2010 bekend gestel is, en ’n plek op DKNT (Kyknet Top 10), het Mathys die Suid-Afrikaanse musiekbedryf veel gegee om op trots te wees. Strek uit onder die olyfbome by Durbanville Hills terwyl jy luister na die melodieuse verhale van liefde, hartseer en nuutgevonde hoop, met ’n glas van jou gunsteling-wyn uit die kelder se wynreekse. The Eatery at Durbanville Hills sal heerlike hoenderburgers verkoop, asook boerewors op ’n ciabatta met al die nodige bykossies. Vir iets ekstra spesiaal, bespreek ’n dekadente piekniekmandjie vir twee teen R295 per mandjie, insluitende ’n bottel Durbanville Hills Merlot Rosé. Piekniekmandjies moet minstens 48 uur voor die konsert bespreek word. Datum: Sondag, 4 November Tyd: Hekke open 16:00. Die konsert begin 18:00 Koste: R100 per persoon – kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.co.za (sluit ’n kristal-wynglas van Durbanville Hills in) Kaartjies is ook beskikbaar by die hek teen R120 per person. Kinders onder 12 kry gratis toegang. Bring asseblief ’n kombers saam (geen stoele toegelaat nie). Gaste mag hul eie piekniekmandjies saambring, maar slegs Durbanville Hills-wyne word toegelaat. Dit sal die hele aand te koop wees, asook warm sjokolade, koffie, tee en koeldranke. Bespreking is noodsaaklik en kan by www.webtickets.co.za gedoen word. Vir meer inligting, skakel Simone Brown by (021) 558 1300 of stuur ’n epos aan sibrown@durbanvillehills.co.za Om vooraf ’n piekniekmandjie te bespreek, kontak The Eatery at Durbanville Hills by (021) 558 1337 of stuur ’n epos aan functions@dheatery.co.za