38op_die_vrou_af_low_res
Funksies

Laager Rooibos Vrouedag

Die geliefde Shaleen Surtie-Richards is ook daar as gasvrou. Jy kan uitsien na ‘n heerlike ontbythappie met Fair Cape se nuwe rooibos-geur jogurt en ‘n smaaklike rooibosgeïnspireerde middagete met die komplimente van Laager Rooibos. Rooibos Bpk. stel ook  hul nuwe rooibos-kookboek bekend. Jy sal boonop die kans kry om teen ‘n lekker afslagprys op SARIE én SARIE KOS in te teken!

Én: Die skitterende Shirley Valentyn met einste Shaleen Surtie-Richards word die middag om 15:00 by die fees opgevoer – en gaste by ons vroueoggend kan teen ‘n afslagprys bespreek! Vir meer inligting, skakel 027 482 1090 of besoek www.cederbergfees.co.za.

BESPREEK SÓ

Datum: Vrydag 1 Mei 2009

Tyd: 08:15 vir 08:30 Plek: Augsburg

Landbou-gimnasium, Clanwilliam

 

WAAR EN WANNEER?

Kaartjies: R200 slegs vir die vroueoggend en R250 vir

die vroueoggend én Shirley Valentyn (jy spaar R20).

Bel Sarie Walters by 027 482 2155 om te bespreek.

Jou kaartjie sluit ‘n geskenkpak met jou Junie-uitgawe

van SARIE in, asook Moir’s.