Funksies

Loslit Dag / Casual Day

Loslit Dag is die grootste fondsinsamelings – en bewusmakingsprojek in die land vir persone met gestremdhede. Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in SA formeel, informeel of volgens ons tema sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike R10 Loslit Dag plakker sal dra om te wys dat hulle so aangetrek is ter ondersteuning van persone met gestremdhede. Loslit Dag het deur die jare ‘n gunsteling op die kalender geword vir baie Suid-Afrikaanse besighede. Sommige maatskappye gebruik Loslit Dag as ‘n geleentheid vir hul korporatiewe spanbou dae, terwyl hulle ‘n bydrae maak tot een van ons land se mees kwesbare sektore – persone met gestremdhede. Die projek word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word jaarliks georganiseer deur The Marketing Team. Ons organisasies neem deel aan die projek deur die infrastruktuur van die projek, om fondse in te samel vir die dienste wat hulle aan persone met gestremdhede lewer. Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien ons so die nodige fondse kan insamel om die regte van persone met gestremdhede tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping kan bevorder… met ander woorde, volle integrasie in die gemeenskap. Loslit Dag is die jaar op Vrydag, 7 September. Dit is verkrygbaar vir ‘n donsasie van slegs R10 by enige Absa bank, deelnemende welsynsorganisasie (‘n lys is op die webwerf beskikbaar), Game, DionWired winkels, Edgars, Jet, JetMart, Jet Shoes, Temptations, Boardmans, CNA of maak gebruik van die internet – bestel direk vanaf ons webblad by www.loslitdag.co.za. Die Loslit Dag tema vir hierdie jaar is “Kom aan boord”. Trek aan soos ’n seerower of ’n kaptein. Ons gee nie om of jy ’n dokter, ’n kelner of die koning van die wêreld is nie, as jy soos ’n meermin wil aantrek, doen dit! Maar as jy bietjie soos ’n vis uit die water voel met ’n uitspattige uitrusting, trek dan net blou aan, wat ookal jou keuse, maak net seker jy KOM AAN BOORD met jou R10 plakker.