louisarmstrong
Funksies

LOUIS ARMSTRONG se “Wonderful World”

The Wonderful World of Louis Armstrong is saamgestel uit die treffers van Louis Armstrong en is spesiaal verwerk vir ‘n 16 stuk blaas orkes deur die musikale genie en dirigent Richard Cock . Hy het oor die jare heen sinoniem geword met humor, sosiale opmerkings en spitsvondige kommentaar. Solis Prince Lengoasa, sing die bekende wysies uit die skatkis van Louis Armstrong begelei deur die bekwame gesofistikeerde orkes. Hierdie beloof om ‘n aand van topgehalte vermaak, styl en elegansie te wees.