Funksies

Marcus Wyatt & Langusge 12

Toeriste vriendelik & piekniek Oor die jare het Marcus Wyatt ‘n reputasie ontwikkel van ‘n veelsydige trompetspeler uit die boonste rakke. Hy is ‘n skitterende ster in die hemel van Suid Afrikaanse Jazz. Hy is deeglik bewus van die belangrike legendes waarop hy sy vars melodieë skoei, en nietemin is hy ingestel op die algemene karakteristieke patrone van Suid Afrikaanse Jazz, waarteen hy bewustelik werk. Hy is ewe tuis in ‘n verskeidenheid van klein ensembles, trio’s, groot orkeste, Hip Hop R&B en ander vorme van vry interpretasie. Die uiteindelike produk is ‘n kombinasie van ‘n warm en wye klankideaal, wat aan hom sy bekendheid gee en eweveel respek ingeboesem het onder mede musikante en kritisi.