• Victor.

    Ons het die 9de Februarie by die mark ingeloer. Ons was aangenaam verras. Het net nog n mark (met dieselfde stalletjies as al die ander markte) verwag. Glad nie, inteendeel wat n aangename verassing om nuwe vriendelike gesigte te sien. Die produkte was van die hoogste gehalte. Maar seker die belangerikste – dis bekostigbaar, daar is oorgenoeg parkering en spasie (glad nie n vertrapping soos by party markte). Die Palms is voorwaar een van die mooiste geboue in die Kaapstad, ek kan my verkyk aan sy atrium! Alle voorspoed met die mark – ons sal defnitief terug wees.