Funksies

MOENIE DIE PRET OP ALLESVERLOREN TYDENS RIEBEEKVALLEI SE OLYFFEES MISLOOP NIE!

Besoekers wat tydens vanjaar se Riebeekvallei-olyffees ’n draai by Allesverloren gaan maak, kan uitsien na uiteernlopende vermaak en ô verskeidenheid van eetgoed vir die fynproewer. Op 4 en 5 Maart kan jy by Allesverloren se onthaal- en konferensiesentrum wyne van verskillende wynmakery saam met tuisgemaakte maaltye en happies van verskeie kosstalletjies, delikatesses en ’n boeremark proe. Daar sal boonop vars groente en vrugte, olyfolie, pesto, tuisgemaakte brood, konfyt, biltong, en allerlei kaas te koop wees.’n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees. Verskeie plaaslike kunstenaars sal oor die feesdae optree, onder andere Waldo Lotz, wat as Allesverloren se gasheer vir die fees aangewys is. Wees van 12:00 tot 15:00 naby die verhoog, en staan ’n kans om luukse wyngeskenke te wen. Die proesentrum sal ook Allesverloren-wyne teen spesiale pryse aanbied soos die 2011 Shiraz wat onlangs op die mark geplaas is. Daar sal boonop ’n speelgrond vir kinders wees, waar hulle op ’n springkasteel en ander apparaat sal kan baljaar. Dit kos R5 per kind om 10 minute lank onder volwasse toesig te speel. ’n Snoepie sal heeldag op die terrein oop wees. Die Pleasant Pheasant-restaurant bied ’n à la carte-spyskaart aan, en besoekers daaraan kan die naweek se rugby ook op ’n groot skerm volg. Ná die rugby sal die liedjieskrywer en sanger, Dewald Forest, optree. Toegang tot en parkering op die landgoed is gratis, en ’n pendeldiens sal besoekers die 4 km tussen Allesverloren, Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel vervoer. Besoekure tydens die fees: Allesverloren se feesterrein: 10:00 tot 18:00 op Saterdag en 10:00 tot 16:00 op Sondag. Allesverloren se proesentrum: 09:00 tot 17:00 op Saterdag en 10:00 tot 16:00 op Sondag. Pleasant Pheasant-restaurant: 08:00 tot 22:00 op Saterdag en 08:00 tot 16:00 op Sondag. Skakel Allesverloren by (022) 461-2320 vir nadere inligting, of stuur ’n e-pos-boodskap na info@allesverloren.co.za.