le_bonheur_foreign_film_fridays2_lr_
Funksies

’N FEES VAN AFRIKAANS OP LE BONHEUR SE FLIEKAANDE BEGIN IN JANUARIE

Op 25 Januarie word Paljas vertoon, ’n Afrikaanse drama uit die pen van die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard, wat in 1998 onder die regie van sy vrou, Katinka Heyns, gemaak is. Paljas speel af in die Karoo en vertel die storie van ’n stasiemeester wie se lewe verander wanneer ’n reisende sirkus ’n nar in die dorp agterlaat. Die jongste rolprent waaraan hulle saamgewerk het, is die hoog aangeskrewe Die Wonderwerker wat gegrond is op ʼn episode in die lewe van Eugene Marais. Datum: Vrydag, 25 Januarie Begintyd: 18:30 Koste: R125 per persoon vir die fliek, aandete en wyn; R45 vir slegs die fliek en wyn. Koeldranke en warm drankies is ook beskikbaar. Plek: Die Le Bonheur-wynlandgoed, wat langs die R44 na die Paarl (regoor Wiesenhof) geleë is. Bespreking is noodsaaklik. Vir meer inligting en om te bespreek, kontak Katja Ruppel by 021 875 5478 of per epos by kruppel@distell.co.za.