Funksies

’N VALENTYNSAFSPRAAK OP ALLESVERLOREN OM DIE NAWEEK MEE AF TE SKOP

Vir slegs R120 per persoon kan jy ’n lekker biefstuk en aartappelskyfies geniet terwyl DJ Dirkie op-en-wakker-musiek speel sodat julle kan ruk-en-rol, twist, langarm en sakkie. ’n Vegetariese ete kan vooraf bestel word wanneer jy jou kaartjie bespreek. Bespreking is noodsaaklik. Kontak Bertus Bester op 022 461 2253 of 073 017 4402 vir meer inligting en om te bespreek, of stuur ’n epos aan enquiries@allesverloren-fcv.co.za.