Funksies

Nasionale Braai Dag by Hazel Food Market

Met 24 September 2011 ‘n publieke vakansie dag – Erfenis Dag – asook Nasionale Braai Dag, is dit die guldige geleentheid om die hele familie en vriende Hazel Food Market toe te bring vir ontbyt. Daarna kan u deur ons meer as 60 stalletjies loop en u vleis, slaai benodighede asook iets soets vir u middag of aand braai te koop. Daar is heelwat sitplekke onder die bome beskikbaar of bring ‘n kombers en kom hou ‘n piekniek op die gras. Daar is ‘n speel area om die kleintjies besig te hou asook volop veilige parkering beskikbaar. Ons is oop elke Saterdag vanaf 08h00 tot 14h00. Onthou 15 Oktober 2011 is ons volgende spesiale mark wanneer ons ‘n Bier proe fees hou en ‘n oggend asook aandmark gaan hê.